top of page
Single Album Art 2022 - Sien ek jou C.jpg

ENKELSNIT

Sien ek jou.

Net soos jy is.

'n Blik deur liefde se oë. Die heel belangrikste en enigste oogpunt wat werklik in die lewe geld.

DIE STORIE

'n Blik deur die 
oë van liefde

Dis oë wat ons waarde uitroep.

Somtyds is dit net moeilik om te glo dat ons liefgehê is. Dis moeilik om te begryp dat ons meer is as wat ons van onsself glo, van onsself dink, oor onsself voel.

 

Dis net daar waar ons nodig het om 'n ander perspektief te kry, deur die oë van liefde. Dis oë wat onvoorwaardelik liefhet, wat ons sien sonder vlek, skoon gewas, spierwit. Dis oë wat ons waarde uitroep, ons in Sy arms vashou, teen Sy bors vasdruk, oplig en trots oor ons spreek - Ek het jou lief. Nie oor wat ons gedoen het om dit te verdien nie, maar omdat ons Sy kinders is.

 

Dis 'n verklaring en 'n kreet wat ons elkeen moet hoor totdat ons kan sien soos wat Hy ons sien, deur Sy oë.

Ruth_Portraits_2022114.jpg
Ruth_Portraits_2022127.jpg

LIRIEKE + AKKOORDE

Wat ek sien is iets, iets onbeskryfliks mooi

Sien ek jou

Vers 1:

Ek kan nie nou gaan slaap nie

Daar is iets wat ek wil sê

Iets wat in die dieptes

Van my hart se binnekamers lê

Sou jy dalk jou oë knip

Of in 'n oomblik asemhaal

Mag jy dalk net mis, dit wat op my lippe rus

Dit wat ons toekoms saam bepaal

Voor-Koor 1:

Jou hart lê hier by my

Daar's niks wat ek meer wil hê nie, meer wil hê nie

Jou hart lê hier by my

Daar's niks wat ek meer wil hê nie, meer wil hê nie as jy

Koor:

Sien ek jou...

Lirieke

VIDEOS

Musiek Video

'n Stukkie hart

Ek kan nie eers begin beskryf hoe hierdie musiek-video saamgekom het nie. Dit was 'n geskenk uit die Here se hart & ons het almal lekker gehuil oor hoe ons deur die storie aangeraak is. Mag dit ook met die dieptes van jou hart praat.

Krediete

Video 

Ruan Myburgh Films + Stephanie Knipe

Aktrise

Stephanie Knipe

Akteur

David Matthew Botha

Venues

Intiem Weddings, Café Nush

bottom of page