top of page
Die tyd het gekom.jpg

ENKELSNIT

Die tyd het
gekom.

Glo. Droom. Hoop. Leef.

Dit is nooit te laat wat in jou hart leef op te neem en 'n tree vorentoe te neem en te leef nie. Vandag is 'n splinternuwe geleentheid vir 'n splinternuwe begin.

DIE STORIE

'n Toekoms,
verwagting &
hoop.

Die tyd het gekom om te leef.

Eers wanneer ons dit wat oud is, wat swaar is, wat verwydering bring & afmat laat los & wat agter is vergeet, kan ons onsself uitstrek na wat voor is.

 

Die tyd het gekom om te leef, te beweeg, lief te hê, te vergewe, passies & drome op te neem & God eerste te soek. Saam met Hom is alles moontlik.

 

Moenie nog 'n oomblik langer wag om anders te leef nie. Die tyd vir vernuwing, genesing & herstel is hier.. Dis NOU.. Die tyd het gekom.

T9 copy.jpg

LIRIEKE

Dis net die begin. Laat jouself deur liefde omring.

Die tyd het gekom

Laat los, laat leef

Die tyd het gekom om van als te vergeet

Gooi al die laste af

Sluit jou oë van die wêreld af

En beweeg…

Lirieke

VIDEO

Droom, glo, vertrou &beweeg.

Kyk weer met nuwe oë.

1988Films het vir 'n ongelooflike mooi musiekvideo gesorg met die uiters talentvolle Rachelle Venter van CDW School of Dance wat as danseres die storie so oortuigend vertel het!

bottom of page